Testimonial – Mediese Nood Bystand

Ek is altyd koel en kalm as dit by nood gevalle kom.

Ek bestuur ons tuis nood beheer kamer te same met my regterhand Kobus Boshoff van Koppies.

Maar kom ek vertel julle van paniek en verwarring.

Ek het gisteraand my TrackBox paniek knoppie gedruk soos enige iemand dit moet doen in n nood geval. Ek moes want my vrou het mediese nood bystand nodig gehad.

Wel, ek het nooit my adres details in gesit nie en dit het bietjie tyd gemors. My eie skuld.

Ja ja ja, ek weet ek moes… Maar kom ek vertel julle iets, ek was so effens mal van bekommernis en skrik. Want ek ken mos, ek stuur dan nood vir mense.

Niks kan met my gebeur nie…

Wel die professionele hulp en bystand wat TrackBox se mense my gegee het, die manier waarop hulle my kalmeer het en die geduld wat hulle gehad om my adres uit my uit te kry was fantasties.

Dankie julle. En ja, die Eesruf Veiligheids Groep Reaksie-span mede admins, jislaaik julle rock. Mia, Almeer, Chrissie Miems.

Die geduld en julle bystand ken geen perke nie. As dit nie vir julle was wat my en Cornelia so by gestaan het nie, weet ek nie.

Julle rock, eks trots om julle as vriende te he en as nood bystand personeel. Mag ons Vader julle seën.

Saluut…

Brian Jones SA Can special thx to your team. Salute

Theuns Botha (Mar 30, 2019)

#TrackBox #EESRUF_Veiligheaids_Groep_Reaksie_Span #SACan#TrackBox_Helps